W.M. Keck-sterrewag

Die W.M. Keck-sterrewag het twee teleskope teen 'n hoogte van 4,145 m wat na aan die piek van Mauna Kea, 'n stratovulkaan, in die deelstaat Hawaii, Verenigde State, geleë is.

Albei teleskope het primêre spieëls van 10 m en is voltooi in 1993 (Keck 1) en 1996 (Keck 2), in dié tyd die grootste astronomiese teleskope in die wêreld. Tans is hulle onderskeidelik die derde en vierde grootste.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy